Boomhuis
Die General Sherman Tree is die grootste boom per volume in die wêreld. 1400 ton en 2200 jaar oud! En die rede dat hierdie spesie so oud word,hul bas.Die boom se bas is vuurbestand,ń goeie wapen waar bosbrande aan die orde van die dag is.
Onthou jy nog hoe lekker ons boom geklim het,voel soos gister.Daai uitdaging om so hoog as moontik te klim.Maar dan wag die afklim,nie so maklik gewees nie ne? Dan was daar die boomhuis,by vêrre my gunstulling.Daar kon jy wegkruip as jy weet daar wag ń pakslae omrede jy droog gemaak het.
Het jy al probeer wegkruip in jou Probleemboomhuis?Daar waar net jy en jou seer,jou angs,jou bekommernisse met mekaar ń gesprek voer. Speel eintlik wegkruipertjie met jouself of wat sê ek?Jy verbeel jou,jou lewe is vuurbestand soos daai boom,kan alles self hanteerJy dra ń masker geverf met ń smile,maar back at the ranch.....?
Lets face it,jy kan vir net so lank pretend.Dan begin jou trane van seer,en jou sweet van angs jou geverfde smile afwas.Jesus het bloed gesweet en trane het geloop terwyl Hy gebid het in die tuin van Gethsemane. Maar sien jy die verskil?Hy het nie in sy Probleemboomhuis weg gekruip nie. Nee Hy het met God sy Vader gepraat.
Lukas 22:44."En toe Hy in ń sware tyd kom,het Hy met groot inspanning gebid,en sy sweet het geword soos bloeddruppels wat op die grond geval het."
Klim eerder jou General Sherman Tree.Klim tot heel bo waar Jesus jou kan raaksien,daar in jou General Sherman boomhuis,en praat met Hom!Vertel Hom alles,en wag in stilte vir sy stem.
Onthou,jou General Sherman Tree is sterk,geen storm kan hom omwaai nie,want Jesus is die wortels.