Job

Ons storie gaan soos Job se storie wees.

Job,of in hebreeus, Lyobh wat die een wat huil beteken.
Ek vra vanaand vir Zuraide en Lara vir enige voorstelle vir my tema.Zuraide sê onmiddelik,"Ons storie gaan soos Job se storie wees."
Lara gooi my met ń curve ball en stel voor ek moet oor deeg skryf.
Die hebreeuse woord vir deeg is;batzeik,wat fermenteer beteken.
Ek praat toevallig laas week met Lara oor Job.Sy maak ñ comment wat my opgeval het.Ek sê vir haar Job het alles in 10 foud terug gekry.Sy sê toe ja hy het,maar hy het nie sy oorspronklike gesin terug gekry nie.Sy het ń baie goeie punt daar beet.
Ek dink Job se geloof was batzeik,sy geloof was gefermenteer.Juis daarom dat ons nie lees dat hy ontevrede was,met sy nuwe familie wat God aan hom gegee het.Fermentasie maak iets beter,meer smaakvol.Dit maak wyn sterker.In Job se geval,ń sterker,meer smaakvolle geloof in sy God.
Ons almal het ń Job storie.Die vraag is egter of ons lewensdeeg ook gefermenteer is? Want as dit wel gefermenteer is,gaan ons lewensstorie soos Job se storie wees.Ongeag wat oor ons pad kom,ons gaan in Hom vertrou en weet dat Hy vir ieder en elk ń "happily ever after" lewe in gedagte het
Job 9:10"He performs wonders that cannot be fathomed,miracles that cannot be counted."
"....gee ons,ons daaglikse brood..."
Amen.