Path Less travelled

Die pad min getrap

Hulle sé alle paaie lei na Rome.Dit mag dalk so wees,die vraag is egter watter pad jy kies? Stedelike paaie is vol padtekens geverf. Lyk behoorlik asof Michaelangelo met ń verfkwas los gelaat is. Maar sonder daardie geverfde padtekens,kan ons maklik die verkeerde pad kies.
Detoronium 1:2 vertel ons dat die Israelite so 11 dae moes stap om in die beloofde land te arriveer.Wel 40 jaar later.......duidelik geen geverfde padtekens gehad nie,of het hulle?Genade ja!! Hulle het n massiewe "Oorhoofse Padteken" gehad, maar hul het gereeld gewonder of hul die regte besluit gemaak het,agtertoe gekyk,en nie daai "Padteken" vertrou nie.
Robert Frost skryf in sy gedig;The road not taken;
"Two roads diverged in a wood,and I....
I....
I took the one less traveled by."
Hy sinspeel op die feit dat ons lewenspad by n vurk uitkom en jy moet kies,links of regs.Hy sê ons moet nie top,op wat as ek links of regs kies,of wat dit vir my gaan inhou ,maar eerder fokus op die nou,die hede.
Jy al nagte omgelê en gewonder,wat as ek maar net anders besluit het,"links ipv regs gedraai het"jy sien jy het agtertoe gekyk...feit bly staan dit is water onder die brug.
Lukas 9:62."Niemand wat sy hand aan die ploeg slaan en agtertoe kyk,is geskik vir die koninkryk van God nie."Ons moet ophou selfverwyt,ophou as ek maar net! Dit plaas ons fokus weg van Hom af.Rig jou oë op na bo,na daai "Oorhoofse Padteken,"en na daai "Geverfde Padteken"wat wys, El Sheddai,reguit voorentoe.Laat Hy jou Google Maps wees,en jy sal n pad sien,geverf met liefde en onbeskryflike rustigheid.
ń Pad geverf met Jesus se verfkwas.